Ek is mal oor die artikel, Daniël, en deel jou sentiment grootliks. Net een kwessie om in gedagte te hou: die aantal ontvangers van staatswelsyn in Argentinië in 2023 word geraam op ~10 miljoen uit 'n bevolking van ~45 miljoen. Dis proporsioneel minder as helfte van die hoeveelheid tans in SA.
En jou punt is 100% geldig. Die punt wat ek probeer maak is bloot dat al is Suid-Afrika se probleme groot, dit nie so groot is dat dit nie kan herstel nie.
Terloops, iets wat ek toe nou raak gelees na aanleiding van jou kommentaar is dat teen 2020 het Suid-Afrika ongeveer 4.61% van sy BBP aan maatskaplike welsyn spandeer terwyl Argentinië 3.26% spandeer het. Post Covid vermoed ek dit is natuurlik aansienlik hoër.
Maar dis interessant dat daardie verdubbeling in die totale getal begunstigdes van toelae nie ook 'n presies verdubbeling in die BBP spandering weerspieël nie.
Interessant, ek was nie bewus van die %BBP wat aan welsyn besteer word aan beide kante nie. Ek vermoed wel die aantal welsynsbegunstigdes speel 'n groter rol om die verkiesing van 'n Milei-agtige figuur te verhinder as die grootte van daardie welsynstoelaes.
Ongeag, ek stem saam met die strekking van jou stuk, dat 'n mens nie onnodig wanhopig oor SA moet wees nie.

Baie dankie Louis!